Liewe familie en vriende – dit is tyd vir pret met potte wat prut. Kontak asb vir Christine by reception@strandsorg.co.za of skakel 021 854 4579 as jy graag ‘n potjie wil maak t.b.v. ons fondsinsameling. Ons sien uit om, na Covid, weer lekker saam te kan kuier by PAM Brink. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om gesellig te wees, nuwe mense te ontmoet en vir ons inwoners om hul geliefdes te sien en goeie herinneringe te kan maak. Boonop is die fondse baie nodig en waardeer ons almal te bydraes – groot en klein – om so ‘n dag moontlik en suksesvol te maak. Christine sal ook besprekings neem vir potjieverkope – ons gaan die potte met rys teen R55 ‘n porsie verkoop. Verdere reelings sal volg, maar maak gerus kontak as jy betrokke wil raak op enige manier!
Leave A Comment